Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld
Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie
Die God van Jakob (2)
Watter ontnugtering is dit nie om met verloop van jare ons eie swakheid, gebreke en sondigheid te ontdek nie! Dit verwar baie mense en dryf hulle tot wanhoop — veral as hulle dit steeds ervaar nadat hulle tot bekering gekom het en met die Heilige Gees vervul is.
Kyk na Jakob en die God van Jakob. God sê vir Jakob wat hy moet doen en gee nie om om die pad saam met hierdie hakskeengryper en bedrieër te loop nie.
Telkens hierna lees ons in die Bybel van die God van Jakob. God gaan soek na hom. Wanneer hy vir sy broer vlug, gaan God saam met hom. Waar hy in die nag lê en slaap, openbaar God Homself aan Jakob by Bet-El (Genesis 28:10-22). Jare later, toe hy teruggaan na sy land toe, begin God een nag by die Jabbokrivier sonder waarskuwing met hom stoei. Hierdie stryd duur dwarsdeur die nag totdat God vir Jakob vra: “Wat is jou naam?” Hortend en uitasem van die hele nag se gestoei met God, antwoord hy: “My naam is Jakob."
Toe sê God: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ’n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou ... Hy het vir Jakob daar geseën.” Die woorde "end-uit volgehou" beteken "om die oorwinning te behaal". God verander Jakob se naam na Israel en seën hom (Genesis 32:28).
En soos ons verder deur die Bybel lees, lees ons weer en weer van die God van Jakob. Dieselfde God wil ook jou God wees.
Aangaande hierdie leesplan
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com