Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg NieVoorbeeld
Wanneer ek voel ek is nie goed genoeg nie
Die God van Abraham, Petrus, Rut, Salomo, Agas, Ussia, Manasse en Ragab
Daar is talle voorbeelde van prominente gelowiges in die Skrif wat by tye gefaal het. Ons lees van Abraham, die man wat nie eers die moed gehad het om vir die farao te sê Sara is sy vrou nie (Genesis 12:10-13). God noem Homself die God van Abraham.
Hy is ook die God van Petrus, die man wat die Meester verloën het (Matteus 26:31-35). Na Jesus se opstanding was Petrus en die ander dissipels besig om vis te vang toe Hy aan hulle verskyn en opdragte aan Petrus gee. Hy het gekies om sy kerk op hierdie man, wat Hom verloën het, te bou (Matteus 16:18).
Hy is ook die God van Rut, die Moabitiese vrou. Die Moabiete was ‘n volk wat tot stand gekom het uit ‘n daad van bloedskande tussen Lot en sy jongste dogter. Tog is sy opgeneem in die geslagsregister van Jesus (Matteus 1:1 - 17). God is nie skaam oor Rut die Moabiet nie.
Hy is die God van Salomo, die koning wat ’n duisend vrouens en byvrouens gehad het en uiteindelik agter ander gode aangeloop het.
God, die God van Jakob en van Dawid is ook die God van Ragab die prostituut. Hierdie slegte vrou word op grond van die genade en ontferming van God in Jesus se geslagsregister ingesluit. God word die God van Ragab, die skandevrou.
Daar is nog baie ander mense in Jesus se geslagsregister opgeneem soos byvoorbeeld koning Agas, die koning wat goddeloser was as al die ander konings voor hom, koning Hiskia en koning Ussia, die twee konings wat hoogmoedig geword het en koning Manasse, die goddeloosste van al die konings in die Bybel wat hom uiteindelik volledig tot God bekeer het (2 Konings 21:11).
Dalk het jou lewe ook deur die valleie en donkertes van onreinheid, egskeiding en immoraliteit geloop. Maar dit beteken nie dat jy nie vergewe en genees kan word nie. Dit maak net die wonderwerk wat God in jou wil doen groter.
Aangaande hierdie leesplan
So baie mense voel onwaardig om kinders van God genoem te word. Hulle voel hulle is nie goed genoeg nie. Hulle verlede maak dat hulle nie kan glo God het hulle lief en dat Hy steeds 'n plan vir hulle lewe het nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n ander manier na jouself te kyk.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com