HelingstydVoorbeeld
Dag 4: Ballerina in Swart
Psalm 34:7-9: “Hierdie ellendige mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered. Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle. Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!” (NLV)
Wanneer onverdiende hartseer en groot verwaarlosing bymekaarkom, lei dit tot 'n posisie van groot teleurstelling, ‘n gevoel van gebrokenheid — die werklikheid van duisende mense.
Soveel van ons kan getuig van situasies wat in 'n sekere mate met die bogenoemde beskrywing ooreenstem. Wanhopige asemhaling van verlangde verbondenheid. Emosies onaangespreek van aannames wat gemaak is.
Ek faal om te verstaan hoe sommige mense die bogenoemde kan deurstaan en steeds in staat is om 'n volgende stap na 'n ander dag te neem. Om selfs oomblikke van waarheid met ander in nood te omhels en húlle aan te moedig, terwyl hulself in hul siel dun gesny word. Ek ken een so persoon. Ek bewonder haar bereidwilligheid om die lewe 'n kans te gee, keer op keer. Geskeurde drome van "miskien ‘n ander keer …"
My vriendin wou graag ‘n ballerina word maar die lewe het gebeur. Te veel. Te swart. Maar, swart kan net swart bly as daar nie lig is nie, as geen sonstraal daarop reflekteer nie.
In haar geval het sy korttermyn besluite geneem. Elke dag op sy eie. Vorentoe. Om op te kyk na die son en lig te sien, om in stil donker tye haar geestelike vuurhoutjie byderhand te hou. Om haarself te belowe dat sy sal oorwin; om God se hand vas te gryp.
Vandag is sy heel. Al die gebroke stukkies is verpak binne ‘n hemelse vaas wat alles van haar bewaar en omvou.
Gebed:
Vader, omvou my … stukkie vir stukkie. Elke deel van my hele wese.
Elke keer wanneer ons gedink het ons kan nét nie meer, dan het ons … loer vir ‘n wyle terug oor die skouer van jou lewe en besef hoe ver jy reeds gevorder het!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com