Leesplan inligting

Grense 101Voorbeeld

Boundaries 101

DAG 2 VAN 5

Verantwoordelik “Tot” en “Vir”


Ons het 'n verantwoordelikheid tot ander en vir onsself. “Dra mekaar se laste,” sê Galasiërs 6:2 “en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” Hierdie vers wys ons verantwoordelikheid teenoor mekaar.


Baie keer het ander "laste" wat te groot is om te dra. Hulle het nie genoeg krag, hulpbronne of kennis om die laste te dra nie en hulle het hulp nodig. Om onsself te ontsê sodat ons vir ander kan doen wat hulle nie vir hulself kan doen nie, wys die selfopofferende liefde van Christus. Dit is wat Christus vir ons gedoen het. Hy het gedoen wat ons nie vir onsself kon doen nie; Hy het ons gered. Dit is om verantwoordelik te wees “tot.”


Aan die ander kant sê Galasiërs 6:5 AFR20: “... want elkeen moet sy eie las dra.” Elkeen het verantwoordelikhede wat net hy of sy kan dra. Hierdie dinge is ons eie spesifieke "laste" waarvoor ons daagliks verantwoordelikheid moet aanvaar en doen. Niemand kan sekere dinge vir ons doen nie. Ons moet eienaarskap neem van sekere aspekte van die lewe wat ons eie “las” is.


Die Griekse woorde vir las en lading gee ons insig in die betekenis van hierdie verse. Die Griekse woord vir las beteken “oormatige laste,” of laste wat swaar op ons druk. Hierdie laste is soos rotse. Hulle kan ons verpletter. Daar behoort nie van ons verwag te word om self 'n rots te dra nie! Dit sal 'n mens se rug breek. Ons het hulp nodig om die rotse te dra – daardie tye van krisis en tragedie in ons lewens.


In teenstelling daarmee, beteken die Griekse woord vir lading “vrag” of “die las van daaglikse geswoeg.” Hierdie woord beskryf die alledaagse dinge wat ons almal moet doen. Hierdie vragte is soos rugsakke. Rugsakke is moontlik om te dra. Daar word van ons verwag om ons eie te dra. Daar word van ons verwag om ons eie gevoelens, houdings en gedrag te hanteer, asook die verantwoordelikhede wat God aan elkeen van ons gegee het, al verg dit hoeveel moeite.


Probleme ontstaan wanneer mense optree asof hul “rotse” daaglikse vragte is en hulp weier, of asof hul “daaglikse vrag” rotse is wat hulle nie hoef te dra nie. Die resultate van hierdie twee gevalle is óf ewige pyn óf onverantwoordelikheid.


Sodat ons nie in pyn bly of onverantwoordelik raak nie, is dit baie belangrik om te bepaal wie "ek" is, waar my grens van verantwoordelikheid ophou en waar iemand anders s'n begin.


 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Boundaries 101

Voel dit asof jou lewe buite beheer is? Miskien het jy onverklaarbare gevoelens van skuld, vrees, wrewel, magteloosheid, woede of diep emosionele pyn wat verband hou met mense wat jy ken. In hul boek "BOUNDARIES" help Dr...

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.boundariesbooks.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid