My Groot Vet MondVoorbeeld

My Big Fat Mouth

DAG 6 VAN 6

  

Waar Hy Wil Hê Jy Moet Gaan

Jy het van Brandon, Catie, Michael, en Cindy gehoor. Jy weet jou lewe gaan jou woorde volg, want jou mond is soos 'n roertjie wat sê wat jou hart wil hê. Jy weet om te gaan waarheen jy regtig wil gaan, moet jy groei in areas waarvan jy nie so seker is jy wil groei nie. 

Ons gaan vernietigers van vergelykings wees, wat weet wie hulle is en aan Wie hulle behoort. Ons gaan klagtes in lofprysing verander deur lank genoeg na ons gawes te kyk en dan na God wat dit vir ons gegee het. Ons gaan skinder vermorsel deur belydenis wanneer ons ander wil onderkry om onsself beter te laat voel. Ons gaan 'n leuen noem wat dit is, 'n leuen, wanneer ons groot vet monde wil lieg, en ons gaan vashou aan die waarheid van God se liefde. 

Wil jy iets weet? Jou mond maak vir God saak. Hy het 'n verhaal wat jy moet vertel. Dit is die evangelie, wat die goeie nuus beteken. Jy weet dalk hiervan. Dit is die goeie nuus dat sy Seun al die genade is wat enigiemand ooit nodig sal kry om die dood te oorwin en die ewige lewe, met 'n liefdevolle Vader, te ontvang. 

Na Hy uit die dood opgestaan het, en voordat Hy na sy Vader in die hemel opgevaar het, het Jesus ons herinner hoekom ons groot vet monde saak maak. Met sy laaste woorde het Hy ons gevra om na al die nasies te gaan en die goeie nuus te verkondig. Ons het ons monde daarvoor nodig. Kom ons rig dus ons monde in die rigting wat Hy wil hê ons moet gaan!

Bid: Here, gebruik my lewe en my mond om u verhaal te vertel. U weet waar my woorde tekortskiet. Ek vra om meer hulp sodat ek U in hierdie wêreld bekend kan maak. Amen!

Vir meer "My Big Fat Mouth" inhoud.  

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

My Big Fat Mouth

Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, net soos jy, die regte woorde kry in hierdie nuwe leesplan van Life.Church wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se reeks: "My Big Fat Mouth".

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church