Dapper KindersVoorbeeld

Dapperheid is makliker in die begin, wanneer jy seker is dat jy doen wat God wil hê jy moet doen (asof Hy vir jou 'n duidelike plan gegee het). Dapperheid is makliker aan die einde, wanneer jy die tekens sien dat jy amper klaar is (soos wanneer die diere opdaag en die wolke begin saampak). Dapperheid is egter baie moeilik in die tydperk wanneer jy jou werk voortsit en jy nie vordering sien nie. Dit mag lyk asof dapperheid 'n eenmalige aksie is, maar somtyds neem dit meer dapperheid om dag na dag aan te hou om te doen wat reg is. Die meeste geleenthede om daagliks dapper te wees, lê nie in spoggerige, eenmalige geleenthede nie — dit is die aanhoudende gehoorsaamheid aan dít wat ons weet reg is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed uitleef in hulle doodgewone lewens? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos in van 'n paar Bybelhelde en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander verse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.
More