Dapper KindersVoorbeeld

Die verhaal van wat Jesus vir ons gedoen het aan die kruis, is waarskynlik die belangrikste verhaal in die Bybel. Hierdie week sal ons uit elkeen van die vier boeke wat die goeie nuus oor Jesus vertel — die Evangelies — lees wat Hy vir ons gedoen het. Watter opofferings vra God van jou en jou gesin om hierdie boodskap die wêreld in te stuur? Vra vir God watter stappe jy hierdie week kan doen om jou dapper avontuur met Jesus te begin?
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel is vol voorbeelde van wonderlike mense wat hulle moed ten toon gestel het. Kan 'n kind egter buitengewone moed in hulle doodgewone lewens uitleef? Hierdie leesplan sluit 'n paar kindervriendelike videos van 'n paar Bybelhelde in, en neem ons deur hulle verhale van moed terwyl ons ook ander Bybelverse en Skrifgedeeltes verken wat ons uitdaag om met moed te lewe in ons daaglikse omgang met Christus.
More