Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 9 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Riglyne en Skrifgedeeltes (6)

Bid vir liggaamlike en geestelike gesondheid, beskerming en ook vir beskerming teen demoniese aanvalle: “Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou” (1 Tessalonisense 5:23-24). “Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar” (2 Tessalonisense 3:2-3).

Bid vir die regte vriende en vriendinne en vir toekomstige huweliksmaats: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam” (Spreuke 3:5-8). “Op ’n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood” (Spreuke 17:17). “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer” (Spreuke 18:24).

Bid dat hulle sal kan vergewe en dat daar nie wortels van bitterheid in hulle harte sal wees nie: “Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie” (Hebreërs 12:15).

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com