Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat om vir jou kinders te bid
’n Gebed om daagliks vir jou kinders te bid
Vader, ek bid vir my kinders, dat hulle sal groei in die Here en in die krag van God, dat hulle sal groei en sterk word in die Heilige Gees (Lukas 1:80; 2:40).
Stort asseblief u Gees op my kinders uit sodat hulle as profete sal optree en gesigte sal sien soos U beloof het (Handelinge 2:17).
Laat hulle toeneem in Goddelike wysheid en geestelike gesag; en laat u genade op hulle rus (Lukas 2:40).
Mag hulle verstandelik en liggaamlik groei (Lukas 2:52).
Maak hulle ’n krag in die land (Psalm 112:2).
Laat my kinders toeneem in guns by U en by die mense sodat hulle u werk en werke kan doen (Lukas 2:52).
Mag u Gees hulle bekragtig om met alle vrymoedigheid te getuig. Mag u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van Jesus (Handelinge 1:8; 4:29-30).
Mag u Gees met hulle saamwerk deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees volgens u wil (Hebreërs 2:4).
In Jesus se Naam, Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com
Verwante Leesplanne

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
