Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodVoorbeeld
Jesus is ons Verlosser
Hy is die Lam in die middel van die troon (Openbaring 7:17). Die Lam verwys na Jesus, wat vir ons sondes geoffer is. Lam van God (Johannes 1:29). Die Lam wat geslag is (Openbaring 5:12). Lam sonder vlek (1 Petrus 1:19). Die Verlosser van die wêreld (1 Johannes 4:14). Die Outeur van ons ewige verlossing (Hebreërs 5:9). God ons Verlosser (Lukas 1:47, Romeine 11:26). Die Here en Saligmaker, Jesus Christus (2 Petrus 3:18). Die Een wat die versoeningsoffer vir ons sondes is (1 Johannes 2:2). Die Verlosser (Jesaja 59:20). Die Verlosser van die wêreld (1 Johannes 4:14). Losprys (Markus 10:45).
Jesus het gekom om ons van ons sondes te red. In Lukas 5:32 sê Hy: "Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars." In 1 Timoteus 1:15 lees ons: "Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste."
Wat mense van jou sê: Wanneer mense na jou lewe kyk, sal hulle sê dat Jesus jou Here en Verlosser is?
Aangaande hierdie leesplan
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com