Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van GodVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God

DAG 1 VAN 7

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en
vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Hierdie is nommer 11 in ‘n reeks van 25 leesplanne. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks
as groep saam te doen.

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle
daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat
dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus, die Seun van God, oor Homself sê

Lees die volgende drie Skrifgedeeltes: Johannes 1:1-13; Johannes 3:16-18; Johannes 14:6-7

Vra die Heilige Gees om julle te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeeltes en hoe moet ek gehoorsaam wees aan wat hier staan?

Besin oor hierdie drie Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie Skrifgedeelte? (Hoe openbaar God Homself — wie Hy is, sy karakter, werke, bevele en beloftes — aan my?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte? Sluit dit byvoorbeeld in om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in ons lewens? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Johannes 1:1-13, Johannes 3:16-18 en Johannes 14:6-7 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat die Heilige Gees op jou hart lê wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense rondom jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God

Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com