Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld

Waarna verwys ons wanneer ons praat oor die koste van dissipelskap?
"Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie" (Matteus 10:38).
Die "prys" van dissipelskap begin wanneer ons onsself onderwerp aan die koningskap van Jesus. Die koningskap van Jesus is absoluut en ononderhandelbaar – dit vra volkome oorgawe en gehoorsaamheid (Galasiërs 2:20). Die konsep van iemand wat oor jou baasspeel en gehoorsaamheid eis, gee aanstoot in ons huidige samelewing, maar by Jesus gaan dit oor volkome, vrywillige oorgawe en gehoorsaamheid.
Sommige verwys na wat ons prysgee: 'n belowende loopbaan, roem, rykdom en die gebruik van jou talente. Die vraag is egter of dit regtig ‘n prys is wat betaal word (Filippense 3:7 - 8). Is dit so erg om 'n loopbaan, roem en rykdom prys te gee en jou lewe so te leef dat dit nie tot jou eie voordeel en eer is nie? Kontrasteer dit met die versorging van die armes en verwaarloosdes, die verligting van pyn en lyding en die verkondiging van 'n boodskap wat letterlik miljoene mense se lewens vir ewig en altyd sal verander.
Vraag: Wat is die moeilikste ding wat jy voel God van jou kan vra? Hoe gaan jy dit hanteer?
Wat is jou verskoning dat jy nie by die nood van die wêreld betrokke is nie (indien dit waar is van jou)?
Aangaande hierdie leesplan

Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding
