Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van DissipelskapVoorbeeld

Soos skape onder wolwe
Jesus het gesê: "Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in" (Matteus 10:16). Victor John, kerkplanter en die leier van 'n dissipelskap- en dissipelmaker-beweging van etlike miljoene mense in Indië, het gesê: "Dit is immers onder die wolwe dat ons die skape sal vind. Die kerk, dit beteken die dissipels van Jesus, moet die wêreld ingaan."
Die wêreld is nie 'n vriendelike plek vir die kerk nie. Ja, op baie gebiede word die kerk gerespekteer. Maar op die meeste plekke en by nasies regoor die wêreld is die kerk nie welkom nie. Die wêreld kan nie die kerk akkommodeer nie, want die kerk móét vir die wêreld sê daar is ‘n probleem in hulle lewens. Die kerk sal vir hulle moet sê hulle is onder God se oordeel en op pad hel toe, tensy hulle hul sondes bely en hulle bekeer (Johannes 3:36). Dit is nie 'n gewilde boodskap in die wêreld nie. Die wêreld wil sy eie ding doen en volgens sy eie reëls leef. Die wêreld wil nie hê iemand moet vir hulle sê wat reg of verkeerd is en wat hulle mag en nie mag doen nie. Die wêreld sê dat hulle niemand sal toelaat om hulle te boelie totdat hulle onderdanig is nie.
Jesus stuur ons doelbewus na die wêreld omdat die wêreld sy redding, genesing, vergifnis en ewige Vaderskap nodig het.
Gehoorsaamheid: Sal jy gaan waarheen Jesus jou ook al stuur? Al is dit om na die wolwe toe te gaan?
Belangrik: Bou vriendskapsverhoudings met ongeredde mense. Ons moet uitreik na die ongereddes rondom ons. Jesus het gekom om sondaars tot bekering te roep (Lukas 5:32). Ons het dieselfde verantwoordelikheid.
Aangaande hierdie leesplan

Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding
