Wat Jesus Gesê Het Oor GebedVoorbeeld

Hoekom bid mense nie?
Gebed begin in die hart van God. Hy roep ons op tot gebed omdat Hy ons wil antwoord. Waarom doen ons dit nie? Hier is ‘n aantal redes:
1. Ons ken nie die krag van God nie. Ons weet nie meer wat Hy kan doen nie, want die kragteloosheid van die kerk, ons eie geestelike armoede en die oorweldigende pyn en vernietiging in die wêreld rondom ons verlam ons en het tot gevolg dat ons nie bid nie.
2. Ons bid nie omdat ons dink ons kan dinge self doen. Ons glo ons het God nie nodig nie. Ons glo ons het genoeg vaardighede, insig en wysheid om vir onsself ‘n goeie lewe te bewerk.
3. Mense bid en kry geen antwoorde nie en gee moed op. Sommige bid ernstig en presies die teenoorgestelde gebeur van wat hulle gevra het. Mense verloor hulle werk, word siek, familielede en vriende sterf en dit lyk asof gebed nie help nie. Hulle voel God het hulle nie gehelp nie. Hulle dink Hy kon gehelp het en raak verbitterd teenoor God.
Daar is geen alternatief vir die volgende drie dinge nie:
1. Moenie probeer om God uit te daag om Homself te bewys deur jou te antwoord nie. Moenie arrogant met God wees nie. Moenie aan God voorskryf nie.
2. Aanvaar dat God soewerein is en dat Hy weet wat Hy doen — al verstaan jy nie. Ons moet by die punt kom waar ons kan sê: "Laat U wil geskied. Al verstaan ek nie, ek vertrou U."
3. Daar is geen alternatief vir ‘n studie van God se karakter nie. Daar is vandag baie toepassings of gratis bronne soos byvoorbeeld e-Sword wat jou kan help om verskillende karaktereienskappe van God te bestudeer.
Dink aan jou eie gebedstye: Wat dink jy dink God van jou gebedstye? Wat moet verander? Wanneer gaan jy dit verander?
Aangaande hierdie leesplan

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
