Wat Jesus Gesê Het Oor GebedVoorbeeld

Bid die Woord
E.W. Kenyon het eenkeer gesê: "Vas en lang ure van gebed bou nie geloof nie. Die lees van boeke oor geloof en manne van geloof en hul ervarings wek 'n diep passie vir geloof in die hart, maar bou nie geloof nie. Die Woord alleen is die bron van geloof."
Andrew Murray voeg nog 'n invalshoek by: "Min van die Woord met min gebed maak geestelike lewe dood. 'n Groot deel van die Woord met min gebed gee 'n sieklike lewe. Baie gebed met min van die Woord gee meer lewe, maar sonder standvastigheid. 'n Volle maat van die Woord en gebed elke dag gee 'n gesonde en kragtige lewe."
Gebed en die Woord gaan hand aan hand. Neem byvoorbeeld die boek Psalms en formuleer jou eie gebede uit elke vers. Jy kan dit byvoorbeeld ook doen met enige van die evangelies of die briewe van Paulus, Petrus, Jakobus of Judas.
Lees Markus 1:14-20 en Psalm 27:1-14. Mediteer daaroor. Vra die Gees om dié dinge aan jou te openbaar wat Hy wil hê jy moet sien — en omskryf dit dan in gebede. Jy kan dieselfde doen met enige van die boeke in die Nuwe Testament, Spreuke, Prediker of die Psalms.
Drie gebedsversoeke aan God:
1. Vader, leer my asseblief oor wie U, u Seun en God die Heilige Gees is.
2. Vader, wat vra U van my of wat wil U vir my sê?
3. Vader, waaroor moet ek bid, vir wie moet ek bid en waarvoor moet ek bid?
Aangaande hierdie leesplan

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
