Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusVoorbeeld
Memoriseervers:
Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.
2 Petrus 1:3
Uitdaging vir die week:
Fokus hierdie week op die waarheid dat God reeds alles voorsien het wat jy nodig het vir ‘n goddeike lewe. Identifiseer dan ‘n area in jou lewe waar jy dalk in jou eie krag streef, eerder as om op God se Goddelike krag staat te maak. Skryf dit neer en bid daaroor. Soek in die Bybel vir beloftes of waarhede wat tot daardie area spreek. Neem dan ‘n oomblik om dit aan God oor te gee en vertrou op sy krag om jou toe te rus en te onderhou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onontbeerlike kompas om die lewe in moeilike tye te navigeer. 1 en 2 Petrus is 'n herinnering aan God se blywende liefde, die belangrikheid van standvastige geloof en die belofte van die ewige lewe.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans