Die Laaste PylVoorbeeld

The Last Arrow

DAG 2 VAN 5

 

STEEK JOU VERLEDE AAN DIE BRAND

In 1977 het ons huis in 'n elektriese vuur aan die brand geslaan en alles daarin is verteer. Terwyl my ma die verlies van my broer se trofeë betreur het en belowe het om dit te laat herstel, onthou ek hy het vreemd onaangeraak voorgekom. Die insig wat ek daardie dag gekry het, was as daardie trofeë die hoogtepunte van ons lewens is, dan is ons lewens vorentoe nie juis veel werd nie. Waarom sal ons tyd en moeite aan die verlede wy as dit baie beter vir ons is om dit op die toekoms te fokus?

As jy gedurig vorentoe wil beweeg, sal daar dinge en selfs mense wees wat jy sal moet agterlaat — enigeen en enigiets wat wat jou in die verlede vasgevang kan hou en jou van die toekoms beroof wat God vir jou beplan. Jesus het baie duidelik vir sy dissipels gesê: "Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie" (Lukas 9:62).

Jou verlede sal jou toekoms bly totdat jy die moed het om 'n nuwe een te skep. Vat elke herinnering wat jou aanmekaar seermaak, neem al die pyn, al die spyt, al die bitterheid en teleurstelling, al die oomblikke van verraad en elke mislukking uit jou hart uit en gooi dit in die vuur.

Hou in gedagte dat dit nie 'n uitnodiging tot vernietigende gedrag is nie; moenie die brûe van verhoudinge verbrand of van alles ontslae raak wat later nuttig kan wees nie. Probeer om die regte ding op die regte manier te doen; waardeer die verlede, maar lewe in die hede en vir die toekoms. Die reis na die beste toekoms gaan altyd deur 'n smeltkroes. Die vuur sal ons smee tot wat ons moet word en ons vrymaak om die lewe te lei waarvoor ons geskep is.

Wat het tans 'n negatiewe houvas op jou lewe wat jy in jou verlede moet agterlaat om sodoende 'n nuwe toekoms te skep? Identifiseer drie vestings wat jou besluitneming, gedrag en verhoudinge beheer, wat jy moet "verbrand" om vorentoe te kan beweeg in die lewe waarvoor Jesus jou geroep het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Last Arrow

Roep jou siel dit luid uit dat jy vir meer gebore is as die lewe wat jy nou lei? Het jy jouself te kort gedoen, nie voldoende geleef nie en God se doel vir jou onderskat? In hierdie 5-dag leesplan sal leier-pastoor Erwin McManus, dapper denker van Mosaic, die weg aanwys om 'n lewe van passie, avontuur en moed te leef. Die leesplan is op sy boek, "The Last Arrow" gebaseer. Ontdek hoe om jou drome heelhartig na te strewe, om hierdie lewe voluit te leef en met die spreekwoordelike "leë pylkoker" te sterf.

More

Baie dankie aan WaterBrook Nultnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://waterbrookmultnomah.com/books/540635/the-last-arrow-by-erwin-raphael-mcmanus/