Tydige DankbaarheidVoorbeeld

Hoe praat jy?
"'Vir wat staan julle so onder mekaar en mompel?' vra Jesus toe" (Johannes 6:43 DB).
Die Jode het nie Jesus se woorde verstaan nie en toe onderling gemor en stories begin aandra oor Hom. Hulle woorde was deurtrek van agterdog en afguns. Negatiewe woorde en gedagtes kan jou binne ‘n enkele oomblik oorhaal om slegs die negatiewe lewendig te hou. Daarom moet ons dink wat by ons monde uitkom. "Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie" (Jakobus 3:10).
Wat het bogenoemde te doen met dankbaarheid? Alles! Wat ons hoor en sê infiltreer ons denke en ons gees. Ons wil juis ons gees stig deur dankbaarheid te soek, stil te word en eerder ons woordeskat suiwer te hou. Dít is mos wat ons wil nastreef.
Gelowiges het soms onbeantwoorde vrae. Boonop is baie van die vrae dikwels negatief van aard. Daarom is dit soveel beter om in positiewe geselskap te wees en jou denke met goeie leesstof asook die Bybel te vul. Sodoende reageer jou brein op die positiewe deposito wat jy maak en kan dankbaarheid baie makliker na vore kom.
Toets net hoe dit voel as jy mompel en negatief praat en dink. Vanuit my eie lewenservaring kan ek getuig dat ek letterlik siek begin voel het as gevolg van my negatiewe gedagtes en woorde totdat ek gekies het om positiewe insette te soek en te let op wat ek sê en hoe ek dit sê.
Gebed: Here, ek het u insig nodig wanneer ek praat. Plaas 'n wag voor my mond en leer my om die regte woorde tot u eer te gebuik. Ek is dankbaar vir u Woord wat my stig en dat ek ook ander mense daardeur kan beïnvloed.
Soek doelbewus leesstof of videos wat positiewe dinge in jou lewe kan inplant.
Aangaande hierdie leesplan

Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer met negatiewe gesprekke, ontstellende nuusberigte, persoonlike uitdagings en vele ander situasies. Realiteite kan jou opslurp in ‘n maalkolk van negatiwiteit en depressie. Opgee is nie ‘n opsie nie. Maar jou daaglikse 24-uur-pakkie bevat beslis iets om voor dankbaar te wees!
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.felicia-lategan.com/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
