Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS"-Stellings van JesusVoorbeeld

"Lasarus se Opwekking"
"Elisa [het] op die bed geklim en bo-op die seun gaan lê. Hy het vol op die seun gelê met sy mond op die seun se mond, sy oë op sý oë, sy hand op sý hande, sodat die seun se liggaam warm geword het" (2 Konings 4:34).
Dit is die noue ervaring wat Elisa met 'n dooie kind gehad het en wat toe na die lewe teruggebring is. Die taal wat in hierdie vers gebruik word, is intieme, passievolle en liefde-gedrewe taal. Elisa het nie net hierdie kind genees nie, maar hy was hartseer oor die kind se dood. Dood is 'n tragiese hartseer en Elisa het die pyn daarvan geken.
Jesus, Maria en haar suster Marta het ook die pyn van die dood geken. Marta se hartseer oor Lasarus se dood het veroorsaak dat sy in frustrasie na Jesus hardloop, en sy goedheid ernstig bevraagteken het omdat Hy nie vroeër gekom het nie. Jesus se reaksie aan haar is om haar gebrek aan geloof in sy waarheid en vermoëns, goedhartig te bestraf en aan haar te bevestig dat Hy "die opstanding en die lewe" is. Maria was in trane oor Lasarus se dood en kon net sit en huil. Jesus reageer deur soos 'n vriend saam met haar te huil.
Hierdie is een van die duidelikste, mees passievolle en liefde-gedrewe verhale in die Nuwe Testament. Dit toon Jesus se liefde vir sy volk vanuit 'n menslike oogpunt, en sy haat teenoor die gevare van die dood vanuit vanuit 'n Goddelike oogpunt. Jesus deel in die hartseer van sy volk, tog tree Hy soos 'n vegter op, omgord met die gordel van waarheid. Alhoewel Hy huil, bevestig Hy aan Marta dat Hy steeds heerskappy oor die dood het. Hy hou nie net op om sy volk te vertroos nie, maar ook om hulle te herinner aan sy opstandingskrag wat verhewe is bo dit wat ons as "natuurlik" beskou.
Dink na oor die krag wat Jesus hier vertoon, nie net ten opsigte van genesing nie, maar ook in die geween. Dink na oor hoe lief Hy vir Maria en Marta is. In dieselfde situasie het die een 'n tere teregwysing en herinnering nodig gehad, en die ander het iemand nodig gehad om saam met haar te huil. Dink na hoe Jesus sy volk bedien.
Hy verklaar dat Hy die opstanding en die lewe is, maar dit is 'n stelling wat kosbaarder is as wat dit met die eerste oogopslag voorkom.
Arise -
Vir meer poësie, beelde, leesstof, musiek en 'n kinderboek wat jou studie van die Evangelie van Johannes sal verryk, gaan na http://www.gardencityproject.com/john .
2Aangaande hierdie leesplan

Die Evangelie van Johannes kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie 7-dag leesplan gaan ons die sewe “Tekens”, en die sewe “EK IS”-stellings van Jesus bestudeer om te demonstreer dat Johannes sy boek gestruktureer het op 'n manier wat die leser help om te sien dat Jesus die prediking van Elisa vervul.
More