OngegriefdVoorbeeld
![Unoffendable](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4451%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"GAAN PARTYTJIE TOE"
In Lukas 15 vertel Jesus 'n verhaal van 'n man wat twee seuns gehad het, en onder wie hy hulle erfenis verdeel het. Die jongste van die twee broers het soos die Bybel dit beskryf, sy erfdeel "verkwis deur losbandig te lewe". Uiteindelik het hy 'n absolute laagtepunt bereik en besluit om huistoe te gaan. Hy het gedink sy pa sal vreeslik teleurgesteld wees, maar toe hy daar aankom, het sy pa na hom toe gehardloop, hom gesoen en dadelik 'n partytjie vir sy verlore seun gehou. Die Bybel maak dit baie duidelik dat die oudste seun nie gelukkig was oor die partytjie wat gehou word om sy jonger broer se tuiskoms te vier nie.
Alhoewel ons saam bly is vir die verlore seun wat weer gevind is, dink ek daar sal altyd 'n deel van ons wees wat begrip het vir die ouer broer wat eerlikwaar liewer self gevier wou wees. Die pa se reaksie op sy gegriefdheid is: hy kan mos enige tyd self 'n partytjie hou. Net omdat mense nie vir jou die partytjie hou wat jy wou hê nie, beteken nie jy het enige rede om te weier om 'n ander persoon se partytjie by te woon nie, dit wil sê, saam bly te wees nie.
As iemand anders meer aandag op sosiale media ontvang, moet jy by die partytjie aansluit.
Wanneer iemand anders die kompliment kry waarna jy verlang, sluit by die partytjie aan.
Wanneer iemand beter, mooier en nuwer goed as jy kry, sluit by die partytjie aan.
Wanneer iemand in sy of haar loopbaan vorder, gaan partytjie toe.
As iemand 'n huweliksmaat voor jou kry, gaan partytjie toe.
Hierby bedoel ek ook nie jy moet die partytjie in die liggaam bywoon, maar 'n emosionele afstand behou nie. Gaan ten volle partytjie toe. Wanneer jy weier om ander mense se prestasie te vier, sal jy in skyn-mismoedigheid begin kook en aanstoot neem wanneer jy fees behoort te vier.
Die ouer broer het skyn-mismoedigheid toegelaat om hom te laat glo dat sy goeie pa eintlik 'n slegte pa is. Die saak staan so. Of jy nou 'n goeie pa, slegte pa of nikswerd pa gehad het — vergewe hom. Vergewe die mense in jou lewe wat jou seergemaak het, want deur dit nie te laat vaar nie, vergiftig net jou eie lotsbestemming, nie hulle s'n nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Unoffendable](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4451%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfvertroue te vorm en ons te help om die mense te word wat ons altyd so graag wou wees. Om nie aanstoot te neem nie, gaan nie daaroor om nooit aanstoot te kry nie. Dit gaan daaroor om nie gegriefd te bly nie.
More