Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld
Die koninkryk van die duisternis
Ons moet bewus wees van wat die Bybel oor die koninkryk van die duisternis en die koninkryk van die lig sê, sodat ons voorbereid kan wees vir hierdie geestelike stryd.
Hoe word die Satan en die demoniese wêreld beskryf? Die Satan se name beskryf sy werke en sy koninkryk. Hier is 'n paar van sy name. Op dieselfde manier beskryf die name en handelinge van Jesus die koninkryk van lig.
1. Die Satan word die "aanklaer" van die broers genoem (Openbaring 12:11). Jesus het vir ons 'n Voorspraak gestuur, 'n Helper, sy Gees — om in ons te wees en ons in die hele Waarheid te lei (Johannes 16:7) en ons aandag te vestig op Jesus se oorwinning aan die kruis en die krag van sy opstanding.
2. Die Satan doen hom voor as 'n "engel van die lig" en probeer om die uitverkorenes te mislei — 2 Korintiërs 11:14-15. Jesus self is die Lig wat in die wêreld gekom het en lei ons in die waarheid (Johannes 8:12).
3. Die owerste van hierdie wêreld (Johannes 12:31). Jesus het gekom om die mag van die Satan te vernietig, en in Openbaring 19:16 word Jesus die Koning van die konings en die Here van die here genoem.
4. Hy word 'n slang genoem (2 Korintiërs 11:3). Terwyl die Satan 'n slang is, is Jesus die Allerhoogste God, die Weg, die Waarheid en die Lewe.
5. 'n Dief (Johannes 10:10a), maar God is die Gewer van alle goeie gawes (Lukas 11:11).
6. 'n Brullende leeu (1 Petrus 5:8). Jesus is die Leeu van Juda en die Lam wat geslag is en deur wie die oorwinning behaal is (Openbaring).
7. Beëlsebul is die aanvoerder van demone (Matteus 12:24). Jesus is die aanvoerder van die leërs van die hemel (Openbaring 19:11-14).
9. Die Bose (Matteus 13:38). God is goed, heilig, liefdevol, vol genade en barmhartigheid (Eksodus 34:6-7).
10. Die owerste van die magte van die lug (Efesiërs 2:2). Jesus sit aan die Vader se regterhand, waar Hy saam met die Vader regeer.
11. Die verwoester (Openbaring 9:11). Jesus is die Geneser (Matteus 15:30); Hy herstel, versterk en beskerm ons (1 Petrus 5:10).
12. 'n Moordenaar en leuenaar (Johannes 8:44). Jesus het gekom om oorvloedige lewe te gee (Johannes 10:10). Hy is die waarheid, en gee lewe (Hy is die Weg, Waarheid en Lewe)
Sommige mense leef in totale onkunde oor die Satan en sy werke. Ander is gefassineer daardeur. Ons moet albei vermy. Verkondig Jesus, en wanneer die Satan of sy demone jou pad kruis, hanteer dit en bly fokus op Jesus.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/