Wat Jesus Gesê Het Oor Die DoopVoorbeeld
Wat die doop nié is nie
Eerstens was die doop nie ons sondes weg nie. Ons word van ons sondes gereinig deur die bloed van Jesus. Die doop gebruik die simboliek van water om te verduidelik dat die bloed van Jesus ons gewas het. Maar dit is nie die water van die doop wat ons sondes wegwas nie.
Tweedens kom die doop ná verlossing. Die doop lei nooit tot redding nie. Die doop is nie nodig vir redding nie. Nêrens in die Nuwe Testament word die doop genoem as iets wat voor bekering kom nie of dat redding alleen geldig is as iemand gedoop is nie. Nêrens word na die doop verwys as 'n middel tot redding, 'n bewys van redding of 'n teken dat iemand gered is nie. Die doop red nie. In denominasies waar babas gedoop word, word ook nie geglo dat die doop iemand red nie.
Jesus se dood alleen het vir ons sondes betaal:
1. Romeine 5:8 — Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
2. 2 Korintiërs 5:21 — Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Jesus se betaling vir ons sondes word deur geloof alleen toegeëien.
3. Johannes 3:16 — God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
4. Handelinge 16:31 — Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”
5. Efesiërs 2:8-9 — Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/