21 Dae Vas en GebedVoorbeeld
‘n Rein Verstand
Die woord rein beteken om skoon te wees, om vry te wees van enige skadelike stowwe. Vir ons as gelowiges beteken dit om heilig te leef, afgesonder vir Hom. Ons moet die reinheid van God in gedagte hou en in ons hart bewaar deur tyd in te ruim vir sy Woord en daarop te mediteer. Hoe meer ons ons harte en gedagtes vul met sy Woord, hoe meer sal ons verstand en gedagtes rein word. Vra die Heilige Gees vandag op watter teksvers jy moet mediteer en op die tafel van jou hart moet skryf.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake
More
Ons wil graag Lewende Woord | Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewendewoord.churchcenter.com/pages/21-gebedspunte-21-prayer-points