21 Dae Vas en GebedVoorbeeld
Veg die Goeie Stryd
Net soos wat Paulus vir Timothy aanmoedig, is elke profetiese woord wat oor jou uitgespreek is jou verantwoordelikheid. Dikwels wanneer daar 'n woord oor ons lewens uitgespreek word, is dit juis in daardie area wat die vyand ons kom aanval.
God sien die groter prentjie en weet van die begin af waarheen jy op pad is, watter plan en droom Hy jou mee geskape het. Staan dus op jou profetiese woord om die goeie stryd mee te veg. Veg vanaf ‘n plek van oorwinning in Hom. Aktiveer jou geloof en hê ‘n verwagting dat dit sal realiseer terwyl wat jy bid oor elke woord wat oor jou lewe gespreek is.
Aangaande hierdie leesplan
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake
More
Ons wil graag Lewende Woord | Living Word bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lewendewoord.churchcenter.com/pages/21-gebedspunte-21-prayer-points