Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 5 VAN 6

Die krag van die Woord

Besin eers deeglik oor Hebreërs 4:12-13: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee."

Wat wys die Heilige Gees vir jou? Waarom dink jy is hierdie twee verse in die Bybel? Vra die Heilige Gees om vir jou te leer wat dit beteken dat die Woord van God "lewend en aktief" is.

Lees Openbaring 19:13 –"Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: Die Woord van God." Vra die Heilige Gees om asseblief vir jou te leer wat dit beteken dat Jesus "Die Woord van God" is. Dit beteken o.a. dat Jesus die Woord is en die woorde wat Hy uiter is dié van God, sy Vader.

Lees nou ook Johannes 1:1-3: Wat sê dit van Jesus as die Woord? "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie."

Vraag: Wat leer ek oor God uit Openbaring 19:13? Wat leer ek oor myself uit hierdie Skrifgedeelte? Wat sê die Heilige Gees vir my wat ek moet doen na aanleiding van hierdie Skrifgedeelte?

Belangrik: Bid vir geleenthede om waar moontlik jou getuienis en die evangelie met mense te deel. Bid om hierdie week ten minste een geestelike gesprek te voer.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/