Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boek Handelinge
Wie het die boek Handelinge geskryf?
Volgens Christelike tradisie is hierdie boek, ook genoem die Handelinge van die Apostels, geskryf deur die medikus en geskiedkundige genaamd Lukas.
Aan wie is die boek Handelinge gerig?
Net soos die Evangelie van Lukas, is Handelinge gerig aan Teofilus. Lukas en Handelinge kan enersyds as 'n predikasie gesien word, of andersyds as 'n verweer. Vir kerklike (predikasie) doeleindes is dit moontlik geskryf om die kerk op te bou deur die geskiedenis te vertel van beide Jesus en sy apostels. As 'n verweer is dit dalk saamgestel om die saak te maak dat die Christendom nie 'n bedreiging vir die Romeinse Ryk was nie. Meer spesifiek: dit blyk dat dit Paulus se regverdiging van die Christendom voor die keiser kon wees.
Konteks
Die gebeure wat in Handelinge beskryf word, vind plaas in Jerusalem, Judea, Samaria en die omliggende gebiede wat deur die Grieks-Romeinse Ryk, sowel as Klein-Asië, gedurende die eerste eeu tussen 30 - 60 n.C. beset is. Handelinge is waarskynlik geskryf tussen 60 en 90 n.C.
Literêre Styl
Handelinge is in 'n vertellingstyl geskryf.
Hooftemas
- Die krag van die Heilige Gees word aan mense gegee
- Jesus se voortgaande sendingopdrag vir Israel en ander volke na sy hemelvaart
- Die self-opofferende getrouheid van die vroeë Kerk
Struktuur
Handelinge bestaan uit vyf gedeeltes. Hoofstuk 1 beskryf Jesus se sendingopdrag. Hoofstukke 2-7 fokus op die uitstorting van die Heilige Gees en die geboorte van die Kerk. Hoofstukke 8-12 beskryf die groei van die Kerk. Hoofstukke 13-20 handel oor die sendingtaak van die Kerk en hoofstukke 21-28 sluit die boek af met Paulus se inhegtenisname.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More