Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 78 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek Johannes

Wie het die boek Johannes geskryf?

Die Evangelie van Johannes maak daarop aanspraak dat dit sy weergawe as ooggetuie is. Daar is voortdurende redenasies oor of dit verwys na Johannes, die seun van Sebedeus, of 'n ander Johannes wat in Jerusalem gewoon het en later as Johannes die ouderling bekend gestaan het.

Vir wie is die boek Johannes geskryf?

Alhoewel daar min inligting oor die skrywer van Johannes is, kan die bedoeling van die boek wel bepaal word. Johannes skryf vir tweede generasie gelowiges om hulle geloof te versterk en om die Goddelikheid van Christus te bevestig. Daar is verskeie sleutelverskille tussen Johannes en die ander drie Evangelies aangeteken.

Konteks

Die gebeure wat in Johannes beskryf word, vind plaas in Jerusalem, Judea, Samaria en die omliggende bewoonde lande van die Grieks-Romeinse Ryk gedurende die vroeë eerste eeu, tussen 30-40 n.C. Johannes is heel moontlik tussen 70 en 130 n.C geskryf.

Literêre Styl

Die boek Johannes is as 'n vertelling geskryf.

Hooftemas

  • Om tussen lig en duisternis en lewe en dood te onderskei
  • God se liefde vir sy mense se eensgesindheid regdeur die wêreld
  • Die ware menslikheid en Goddelikheid van Jesus
  • Die keuse om te glo dat God mag het oor die dood

Struktuur

Johannes is in vyf dele opgedeel. Johannes 1 stel vir Jesus bekend. Hoofstukke 2-12 gee besonderhede oor sewe wondertekens. Hoofstukke 13-17 fokus op die nag voor Jesus se verhoor. Hoofstukke 18-20 dek sy inhegtenisname, verhoor, kruisiging en opstanding. Hoofstuk 21 sluit af met die dissipels se voortgaande sending.

Dag 77Dag 79

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv