Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boek Lukas
Wie het die boek Lukas geskryf?
Christelike tradisie is van mening dat Lukas, 'n historikus uit die eerste eeu n.C., geneesheer en dissipel van Jesus, die skrywer is van hierdie samestelling van verhale en verslae as ooggetuie van die lewe van Jesus.
Vir wie is die boek Lukas geskryf?
Lukas is gerig aan 'n man met die naam Teofilus, net soos die boek Handelinge, wat dien as 'n opvolg van Lukas se Evangelie. In teenstelling met Markus of Matteus, is Lukas se Evangelie duidelik vir 'n wyer, nie-Joodse gehoor geskryf. Daar word tradisioneel aan Lukas gedink as een van Paulus se reisgenote en dit is beslis so dat die skrywer van Lukas afkomstig was van daardie Griekse stede waarin Paulus gewerk het.
Konteks
Die gebeure wat in Lukas beskryf word, vind plaas in Jerusalem, Judea, Samaria en die omliggende bewoonde gebiede van die Grieks-Romeinse Ryk gedurende die vroeë eerste eeu, tussen 10 v.C. en 40 n.C. Lukas is waarskynlik tussen 60 en 80 n.C. saamgestel.
Literêre Styl
Die boek Lukas is as 'n vertelling geskryf, maar bevat ook 'n paar gespreksgedeeltes.
Hooftemas
- Die ongewone koninkryk van God
- Israel se vryheid en nuwe verbond
- God se getrouheid aan sy volk soos gesien in sy menswording
Struktuur
Lukas word in vier dele verdeel. Hoofstukke 1-2 stel Jesus en Johannes die Doper bekend. Hoofstukke 3:1-9:50 gee gedetailleerde inligting oor die ongewone koninkryk van God. Hoofstukke 9:51-19:27 fokus op Jesus se insluiting van buitestanders. Hoofstukke 19:28-24:53 sluit af met Jesus se vervolging, kruisiging en opstanding.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More