Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 33 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek Markus

Wie het die boek Markus geskryf?

Die vroegste geskiedkundige tradisies wat beskikbaar is, koppel hierdie boek aan 'n Christen skrifgeleerde genaamd Markus of Johannes Markus.

Vir wie is die boek Markus geskryf?

Markus se Evangelie blyk oorspronklik bedoel te wees vir nie-Joodse bekeerlinge tot die Christendom, miskien spesifiek in Rome. Markus gee 'n gedetailleerde verduideliking van Joodse gebruike, en sy taalkundige voorkeure dui op 'n nie-Joodse gehoor.

Konteks

Die gebeure wat in Markus beskryf word, vind plaas in Jerusalem, Judea, Samaria en die omliggende bewoonde gebiede van die Grieks-Romeinse Ryk gedurende die vroeë 1ste eeu, tussen 10-40 n.C. Markus is waarskynlik tussen 50 en 70 n.C. saamgestel.

Literêre Styl

Die boek Markus is 'n vertelling, met sommige dele wat gesprekvoering behels.

Hooftemas

  • Die goeie nuus van die koninkryk van God
  • Jesus van Nasaret as die lydende dienaar
  • Die uitnodiging om die Messias te volg

Struktuur

Markus word in vier dele verdeel. Hoofstukke 1:1-8:26 toon die gemengde reaksies op Jesus se boodskap. Hoofstukke 8:27-10 stel Jesus as die Messias voor. Hoofstukke 11-16 beskryf Jesus se vervolging, kruisiging en opstanding. Hoofstuk 16:9-20 is 'n uitgebreide einde wat slegs in latere manuskripte gevind word.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv