Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 18 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek Matteus

Wie het die boek Matteus geskryf?

Alhoewel die boek anoniem is, verbind die vroegste, betroubare Christelike tradisie dit met Matteus, 'n tollenaar en dissipel van Jesus.

Vir wie is Matteus geskryf?

Die Evangelie volgens Matteus is onomwonde vir 'n Joods-Christelike gehoor geskryf, wat in daardie omgewing gewoon het. Die Evangelie volgens Matteus het die mees Joodse inslag van al die Evangelies. Die gemeenskap vir wie Matteus geskryf het, was 'n Joods-Christen gemeenskap wat in spanningsvolle tye geleef het in die tydperk van herbou na die eerste opstand. Dit wil voorkom asof hulle al 'n geruime tyd daar was.

Konteks

Die gebeure wat in Matteus beskryf word, het tydens die vroeë eerste eeu, tussen 10 v.C. en 40 n.C., in Jerusalem, Judea, Samaria en die omliggende streke in die Grieks-Romeinse Ryk plaasgevind. Die boek is waarskynlik tussen 50 en 90 n.C. geskryf.

Literêre Styl

Die boek Matteus is as 'n vertelling geskryf met sekere gedeeltes wat gesprekvoering behels.

Hooftemas

  1. God se seën oor Israel en die nasies
  2. God se nabyheid aan sy mense
  3. Hoop vir en lewe in die Messiaanse koninkryk van God

Struktuur

Matteus is in sewe dele ingedeel. Hoofstukke 1-3 en 4-7 stel vir Jesus as Messias en ook die koninkryk van God bekend. Hoofstukke 8-10, 11-13, en 14-20 nooi mense uit om die krag van die koninkryk te ontvang. Hoofstukke 21-25 en 26-28 eindig met Jesus se kruisiging en opstanding.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv