AfgesonderVoorbeeld
Die Belangrikheid van Gebed
Lees Filippense 4:4–7
SOAP Filippense 4:6–7
Oordenking
Ek ken die stryd om te voel asof die las van die wêreld op jou skouers rus. Party dae kan dit amper verlammend voel. Miskien het jy ook al soms gevoel dat die bekommernisse en sorge van die lewe swaar op jou druk. As jy al so gevoel het, wil ek jou herinner dat die Woord van God vir ons ‘n wonderlike teenmiddel vir sulke benoude oomblikke bied: gebed. Gebed is ons direkte lyn na die Een wat ons lewens in die palm van sy hand hou. Filippense 4:6-7 herinner ons dat ons ons sorge of wat die situasie ook al mag wees, in gebed na die Here toe kan bring en dat Hy belowe om ons vrede te gee wat ons begrip te bowe gaan.
Gebed is egter veel meer as om net verligting van ons sorge te soek. Gebed help ons ook om afgesonder vir God te leef en ons roeping ten volle te aanvaar om tot sy verheerliking te leef, nie ons eie nie. In ‘n selfie-behepte wêreld wat ons voortdurend aanspoor om selfbevrediging en selfwaarde na te jaag, is dit belangrik om te onthou dat ons geroep is tot ‘n ander, meer vervullende weg. Wanneer ons bid, verdiep en groei ons verhouding met God, raak ons meer ingestel op sy stem en kom ons harte meer in pas met Syne.
Dus, volgende keer as jou hart op loop sit en jou gedagtes handuit ruk, kom tot stilstand en bid. Omskep die gewone in die buitengewone, maak jou kombuis ‘n katedraal en laat jou pendeling ‘n pelgrimstog word. Wanneer jy jou sorge in gebede omskep, is jy op die regte pad om ‘n lewe te lei wat vir God afgesonder is.
Gebed
Dierbare Jesus, help my om U te volg in plaas van om agter die wêreld aan te hardloop. Help my om eerste na U toe te kom met al die bekommernisse en sorge wat my neerdruk. Vul my rustelose hart met u vrede en help my om u liefde aan ‘n stukkende wêreld te weerspieël. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/