AfgesonderVoorbeeld
Soek Eers die Koninkryk van God
Lees Matteus 6:25–34
SOAP Matteus 6:33
Oordenking
Bo alles. Bo alles wat jou aandag eis. Bo alles wat aan jou hart ruk, jaag God na.
Om 'n afgesonderde lewe te lei gaan daaroor om ons verhouding met God te prioritiseer en Hom te vertrou om in elke behoefte van ons te voorsien. Wanneer ons God volg in plaas van die wêreld, kies ons om afgesonder te lewe. Ons word koninkryksgesind en begin die wêreld en ons rol daarin met 'n ander ingesteldheid bekyk. Ons vind dat ons skatte en ware bevrediging slegs in Hom gevind kan word.
Hoe soek ons eerstens God se koninkryk? Begin elke dag in gebed. Voordat jou voete die vloer tref of jy na jou foon gryp, bid en dank God vir die gawe van nog 'n dag en vra Hom om jou daardeur te lei. Bid vir geleenthede om Hom te dien en vir die wysheid om daardie geleenthede raak te sien. Delf in die Woord van God deur Bybellees 'n daaglikse gewoonte te maak en vra die Heilige Gees om die waarhede van die Woord van God aan jou te openbaar en hoe om dit in jou lewe toe te pas. Omring jouself met ander susters in Christus wat God se waarheid in jou lewe sal spreek en jou sal aanmoedig om in pas met God te kom. Dien ander deur maniere te soek om in jou gesin, jou plaaslike kerk en jou gemeenskap te dien. En laastens, vertrou God met jou bekommernisse. Gee jou bekommernisse aan God oor en vertrou Hom om in jou behoeftes te voorsien.
Vriendin, wanneer ons doelbewus eers God se koninkryk soek, sal ons begin sien hoe ons lewens verander word, keuse vir keuse en dag vir dag. Ons sal die vrede ervaar wat voortspruit uit vertroue in God se beloftes en die vreugde om tot sy eer te lewe.
Gebed
Liewe Jesus, laat u koninkryk kom en laat u wil geskied. Help my om 'n lewe te lei wat U eer en afgesonder is vir U. Help my om u koninkryk en u geregtigheid bo enigiets anders na te jaag. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/