Oomblikke van hoopVoorbeeld
In sy arms
Daar word vertel dat die hervormer Martin Luther se vrou, Katharina, een oggend uit die kamer met begrafnisklere gekom het. Toe hy vra: “Wie is dood?” het sy vir hom gesê: “Jou God.” Sy het verduidelik dat dit die enigste rede vir sy terneergedruktheid kon wees.
Ons lees in Psalm 88 van Dawid se eie “donker put”-ervaring. Hy skryf: “Ek word getel saam met dié wat op pad is na die graf. Ek het geword soos ’n sterk man met geen krag meer oor nie. Ek word saam met dooies getel, saam met gesneuweldes in die graf, hulle vir wie U nie meer onthou nie, wat afgesny is van u versorging. U het my heel onder in die diepste kuil gesit, in die donkerste dieptes” (verse 5-7).
Is jy op die oomblik in ’n donker put? Kyk om jou rond – selfs daar is God by jou. Hy staan nie bo en kyk af hoe jy sukkel om op jou eie uit te kom nie. Hoor die Here se stem reg langs jou in die donkerte. Kyk hoe Hy ’n helder lig van hoop aanskakel net daar waar jy is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade! Moenie die negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart toelaat nie en onthou: God se skouers is breed genoeg om die hele wêreld se kommer te dra – ook joune!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/