Is God Besorg Oor Diskriminasie?Voorbeeld
![Does God Care About Discrimination](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4155%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DEUR GOD ONTBIED!
Daar is nie baie karakters in die Bybel wat soos Ester is nie. Sy was in haar tyd in meer as een opsig 'n sosiale uitgeworpene. Sy was 'n weeskind, 'n Jodin en 'n vrou. Destyds het mense in Babilon neergesien op Jode en hulle was slagoffers van diskriminasie en aanhoudende bespotting.
Vroue in Ester se tyd was slagoffers van onregverdige strukture van onderdrukking wat hulle ontneem het van alle menslike waardigheid en vryheid van keuse. Die koning se raadgewers het hom oortuig om koningin Vasti vir altyd uit sy teenwoordigheid te verban, om sodoende die vroue van daardie tyd 'n les in gehoorsaamheid te leer. Ester se penarie was nie juis anders nie. Al het sy koningin geword, kon sy nie in die koning se teenwoordigheid verskyn sonder dat hy haar ontbied het nie.
Ester het na Ahasveros se paleis gegaan in opdrag van haar oom, Mordegai, wat haar aangeneem en soos sy eie kind grootgemaak het. Die gebruik van daardie tyd was dat beeldskone vroue soos Ester 'n nag saam met die koning deurbring, sodat hy die volgende koningin kon kies. Dit was nie 'n gegewe dat Ester weer ontbied sou word nie. Dit klink dalk wonderlik dat Ester, 'n onbekende, die koningin geword het. Tog was sy in verskeie opsigte 'n slagoffer van diskriminasie.
Het God 'n plan vir ons lewens, al is ons slagoffers van ons omstandighede of van onderdrukkende sosiale stelsels? Ja, Hy het 'n plan. Ten spyte van Ester se penarie, was God se guns met haar. God het haar gesien as meer as net 'n arm, Joodse weeskind wat vir blote oorlewing aan die genade van 'n Babiloniese koning oorgegee was. In God se oë was sy iemand wat waardig was om geëer te word. Hy het haar waardig genoeg geag vir die taak om haar nasie te red. Haar fisieke skoonheid en die weelderige lewe in die paleis, kon nie vergelyk word met die innerlike krag, moed en waardigheid waarmee Hy haar geklee het nie. God het kennis geneem van iemand wat min betekenis gehad het.
Haar lewe bemoedig dié van ons wat dalk verlore, onbeduidend en hulpeloos voel. Ons keuses is dalk beperk. Ons stemme word dalk nie deur ander gehoor nie. Ons voel ons word misverstaan en onderdruk. God word egter nie deur al hierdie faktore beperk nie. Hy sien ons as sy uitverkore skat, ongeag ons toestand. As ons ons lewens aan Hom oorgee, kan geen stelsel van onderdrukking en geen diskriminerende praktyk ons beperk om die hoogtes te bereik wat God vir ons bepaal het nie.
Dis soos die storie van die seuntjie wat gewonder het hoekom sy ballon nie so hoog soos die helium ballonne by die pretpark kon vlieg nie. Hy het aangeneem dat dit die ballon se kleur was wat voorkom het dat dit hoog kon vlieg. 'n Baie wyse persoon het hom egter vertel dat dit nie van belang is wat jy van buite sien nie, maar wat binne-in is wat bepaal hoe hoog die ballon kan vlieg. Net so is dit nie die dinge waarmee ons gekonfronteer word wat ons waarde bepaal nie, maar wat God binne-in elkeen van ons geplaas het. Sy krag is binne ons aan die werk om sy doel in en deur ons te bereik.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Does God Care About Discrimination](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4155%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan hoop om God se hart vir die uitgeworpene, minderbevoorregte slagoffers van mishandeling en diskriminasie te beklemtoon. Hierdie studie hoop om mense uit te daag om nie diskriminasie as waardig te ag nie, om die houdings en praktyke te erken wat onderdrukkend is, en om by te dra tot die herstel van mense se godgegewe waardigheid.
More
Baie dankie aan "Power House" kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://powerhousechurch.org vir meer inligting