Is God Besorg Oor Diskriminasie?Voorbeeld
![Does God Care About Discrimination](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4155%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
DISKRIMINEER GOD?
Dis so maklik om mislei te word om te dink dat God in die Ou Testament anders was as Christus in die Nuwe Testament. Het God dade van diskriminasie en misbruik in die Ou Testament goedgekeur? Nooit.
In die boek Levitikus, is reëls vir 'n heilige lewe aan die Jode neergelê. Op die oog af mag dit lyk of God self diskriminerend was toe Hy sy voorkeure vir alle manlike dinge en alle suiwer dinge sonder vlek uitgespel het. Ons moet verstaan dat God hier probeer het om 'n begrip van wie Hy is in die harte en gedagtes van hierdie mense te vestig. Hulle offers moes "perfek" en sonder gebrek wees, want God is heilig en perfek. Hulle offers moes hulle iets van groot waarde gekos het.
God se hart vir die nederiges, die onvolmaaktes, die swakkes en die onbeduidendes word ook regdeur die Ou Testament vermeld. Ons sien dat God mans en vroue eer wat foute gehad het en onheilig geleef het. Moses is waarskynlik geboelie omdat hy gehakkel het. God het vir Samuel gesê om nie na Eliab se uiterlike volmaaktheid te kyk en te aanvaar dat God hom as koning gekies het nie. God is te alle tye eerder geïnteresseerd in mense wie se harte ten volle aan Hom toegewy is. Hy het die jong Dawid in gedagte gehad, wat nie in die kollig was nie maar skape opgepas het waar niemand hom kon sien nie.
Met ander woorde, hierdie heilige God verwag dat sy mense heilig moet wees, maar nie sonder om te erken dat hulle nie in hulle eie vermoë heilig kan wees nie. Die Ou Testamentiese wette was maar net 'n skadubeeld van wat sou kom. Die enigste Bybelse diskriminasie wat toegelaat word, is tussen dit wat heilig en onheilig is. Ons moet ook onthou dat God sonde haat, maar die sondaar liefhet. Hy haat oortredings, maar is lief vir mense. Ons almal maak vir Hom saak, want ons is na sy beeld geskep — ryk of arm, man of vrou, Jood of Griek, slaaf of vryman. God sien ons as sy kinders ongeag ons lewenservaring of sosiale status.
Deesdae sien ons selfs baie diskriminasie en voorkeurbehandeling in die liggaam van Christus. Stand, rassisme, kleurdiskriminasie en voorkeurbehandeling gebaseer op sosio-ekonomiese status, is 'n gruwel in die oë van die Here. Die Here verwag sonder twyfel dat sy kerk heilig moet wees, net soos Hy heilig is. Die heiligheid wat Hy verwag is egter meer as net seremoniële of ritualistiese heiligheid, wat slegs uiterlike dade is. Ons geregtigheid behoort verhewe te wees bo die wetsgeleerdes s'n. Ons moet leer om na mense te kyk soos wat God na hulle kyk. Ons moet leer om mense te behandel soos God wil hê ons hulle moet behandel.
Jesus het die melaatse persoon aangeraak. Hy het Hom met die armes vereenselwig. Hy het saam met sondaars en tollenaars geëet. Hy het 'n sondige vrou toegelaat om sy voete met olie te salf en met haar hare af te droog. Jesus het meer as net fisieke kwale genees. Hy het die gebrokenes van hart genees — harte wat getraumatiseerd was as gevolg van woorde wat seergemaak het, fisieke mishandeling en sosiale voorkeure.

Aangaande hierdie leesplan
![Does God Care About Discrimination](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4155%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hierdie leesplan hoop om God se hart vir die uitgeworpene, minderbevoorregte slagoffers van mishandeling en diskriminasie te beklemtoon. Hierdie studie hoop om mense uit te daag om nie diskriminasie as waardig te ag nie, om die houdings en praktyke te erken wat onderdrukkend is, en om by te dra tot die herstel van mense se godgegewe waardigheid.
More
Baie dankie aan "Power House" kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://powerhousechurch.org vir meer inligting