Hoop en vredeVoorbeeld

Die Vredevors
Is dit nie ’n pragtige belofte nie? Wanneer ons na Johannes 16:33 (NLV) blaai, lees ons Jesus sê: “Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”
My oorlede pa was in die Tweede Wêreldoorlog, maar hy het nooit oor sy ervarings gepraat nie; ek dink dit was te pynlik vir hom. Hy is in Noord-Afrika gevang en het drie jaar as ’n oorlogsgevangene in ’n kamp deurgebring. My ma het vir ons van een insident vertel wat ’n groot impak op sy lewe gehad het. Dit was tydens die Kerstyd en ’n yskoue nag in Duitsland. My pa het deur die draadheining gestaan en kyk. Hy het seker sy familie baie gemis, gewonder wanneer die oorlog sou eindig en hoe om sy situasie te hanteer ... Skielik het hy die mooiste sang van klein kindertjies gehoor. Hy het deur die draadheining gekyk en kindertjies gesien wat “Stille Nag” in Duits sing. Dit het vir hom soveel hoop en vrede in daardie stormagtige tyd in sy lewe gegee.
Die Vredevors is oral te vinde – sy Naam is Jesus. Hou aan Hom vas waar jy ook al vandag is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Miskien is jy vandag eensaam, of siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede in die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die mooiste Naam in ons woordeskat. Hy het vir ons hoop en vrede in alle omstandighede gebring!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op
