Hoop en vredeVoorbeeld

Niks is onmoontlik nie
Glo jy vandag hierdie woorde? Ek glo dit. Maria het ook eers getwyfel soos ons kan sien in Lukas 1:34-35 (NLV): “Maria het vir die engel gevra: ‘Maar hoe kan ek ’n kind hê? Ek was nog nooit by ’n man nie.’ Die engel het geantwoord: ‘Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.’” En in vers 37 verseker die engel haar weer: “Niks is onmoontlik vir God nie.”
Mense wend liewer hulle eie pogings aan en vertrou op hulle eie vermoëns. Dit is tyd dat ons terugdraai na Jesus en God se wonderwerke beleef. Kom ons wees eerlik, hoe kan ’n pragtige jong Joodse meisie swanger word en ’n kind baar sonder dat sy by ’n man was? Dit is onmoontlik. Maar niks is by God onmoontlik nie. Op wie gaan ons dus vandag vertrou? Ons moet teruggaan na geloof in die wonderwerkende krag van God.
Ek onthou toe duisende Suid-Afrikaners Bloemfontein toe gekom het om vir die volk te bid. Talle wonderwerke het daarna gebeur omdat mense geglo het. Hebreërs 13:8 (NLV) sê vir ons: “Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!” Ek wil jou vandag aanmoedig om te begin glo, veral in die Kerstyd, want die wonderwerkende, kragtige God, vir wie niks onmoontlik is nie, is in staat om enigiets te doen!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Miskien is jy vandag eensaam, of siek of jy treur oor ’n geliefde ... maar daar was ’n Baba wat baie jare gelede in die wêreld gekom het om vir jou hoop te gee, krag te gee en om jou sterk te maak. Sy Naam is Jesus – die mooiste Naam in ons woordeskat. Hy het vir ons hoop en vrede in alle omstandighede gebring!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
