Vyf Gebede van NederigheidVoorbeeld

Gebed 1: “Here, Maak my Nederig.”
Nederigheid voor God is van kardinale belang; die eenvoudige gebed van "Here, maak my nederig!" kan jou lewe verander.
Soos met enigiets anders, kan ons egter nie sonder die hulp van God nederig word nie! Ons kan niks doen sonder sy hulp nie. Onthou wat Jesus in Johannes 15:5 gesê het: Sonder Hom kan ons niks doen nie!
Waarom moet ons God vra om ons nederig te maak?
Eerstens sê 1 Petrus 5:5-6 vir ons dat God die hoogmoediges weerstaan, maar aan die nederiges genade gee. Die Woord van God wys ook vir ons dat Jesus nederig was en ons is natuurlik veronderstel om Jesus se voorbeeld na te volg.
Op die reis na nederigheid is ons rol om onsself elke dag opnuut aan Jesus oor te gee. Wanneer ons dít doen, en daarop fokus om oomblik vir oomblik in Christus te bly, sal Hy sy deel doen — om ons harte te verander en ons na sy beeld te vorm. God alleen het die mag om ons harte te verander.
God sal jou skoon hande en 'n rein hart gee as jy Hom vra om dit te doen.
Ek vra Hom byna daagliks hiervoor. (Ek wens dat ek elke dag vra, maar soms vergeet ek). Elke keer as ek Hom egter vra om my nederig te maak, voel ek hoe Hy my 'n bietjie nader aan Homself trek.
Hy sal dieselfde vir jou doen. As jy die Here elke dag sal vra om jou nederig te maak, sal Hy jou herskep en jou help om voor Hom te wandel in heiligheid en intimiteit met Homself.
Aangaande hierdie leesplan

Het jy meer van God se genade, guns en seën nodig? Bid dan hierdie vyf eenvoudige gebede van nederigheid, en vra die Here om aan jou guns te bewys en jou te help. Hy sal jou gebed verhoor; Hy gee genade aan die nederiges! En as jy jou voor die Here verootmoedig, sal Hy jou ophef.
More
Verwante Leesplanne

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

Skeppingsdoel van die Mens

As ek weer kon sê (vir groepe)

Skepper Gees

Kaalvoet Sielsgedagtes

GAAN JY HOM MIS?

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
