Om God Te AanbidVoorbeeld
Die Vreugde van Niks Doen
Daar is 'n veel dieper vlak van aanbidding, een waarin ons nie in staat is om onsself in woorde of sonder woorde uit te druk nie — waar ons heeltemal passief is. Die hoogste en mees intense vorm van aanbidding vind plaas wanneer ons niks kan doen behalwe verbaas wees nie, wanneer ons hulpeloos en sprakeloos gelaat word in verwondering en dankbaarheid, wanneer ons net terug sit en kyk hoe God werk.
Was jy al ooit in 'n situasie waar jy niks kon doen of sê nie? Iemand het iets ontsaglik wonderlik gedoen, en jy kon niks anders doen as om dankbaar te wees nie? Miskien het die persoon weggegaan, en jy wens jy kon hom of haar opspoor om te sê hoeveel jy waardeer wat hulle gedoen het. Dalk het jy gefrustreerd gevoel en van jou vreugde het verdamp omdat dit nie moontlik was om jou dankbaarheid te betoon nie. Op die natuurlike vlak voel ons altyd dat ons iets moet doen.
Ek het nie gesê dat ons niks voel nie, maar dat ons niks doen nie. Dit, sê Jesaja, is die beste manier om te lewe — soos God wil hê ons moet lewe. Dit is die grootste vreugde wat daar is. Selfs al word ons hulpeloos gelaat — asof ons net daar staan met 'n mond vol tande — sien God hoe ons voel en weet Hy dat ons dankbaar is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Kendall se boek "Worshipping God" (R. T. Kendall was 25 jaar lank die predikant van die Westminster Kerk in Londen, Engeland.)
More