Lewe In Die WaarheidVoorbeeld
Dag 5
“Dít is die beslissende vonnis: die lig het na die mensewêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was boos. Elkeen wat doen wat sleg is, haat die lig en kom nie na die lig toe nie sodat sy dade nie bekend word nie. Elkeen wat egter die waarheid beoefen, kom na die lig toe sodat dit sigbaar word dat sy dade vanuit ’n noue verhouding met God gedoen is.”
Johannes 3:19-21 (NLV)
Ons het 'n gesegde — die waarheid maak seer. Dink aan die Engelse woord "expose". Daar is ‘n vrees dat ek "expose" sal word en daarom ontken ek dit eerder en dan leef ek in 'n illusie.
Jesus waarsku en sê ons moet oppas om nié die waarheid en die lig te verwelkom nie. Soek die lig sodat jy helderheid kan kry oor wat in jou lewe aan die gang is. Het jy al ooit in Markus 3 van die sonde teen die Heilige Gees gelees? Jesus sê dis die een sonde wat jou nie vergewe sal word nie. Wat is dit? Dis 'n moedswillige ontkenning van realiteite en van die waarheid.
Wat voel ek? Baie van ons vra glad nie die vraag nie, ons reageer net uit ons emosies uit. Ek wil wegkom van hierdie slegte gevoelens af, sodat ek lekker kan voel. Paulus sê egter: "Julle het gelewe soos die mense van die wêreld lewe. Julle het gedoen wat die Satan wil hê julle moet doen" (Efesiërs 2:2 ABA). En as jy op daardie manier leef is jy eintlik onbewus van jou innerlike wêreld. Jy is afgesny … om Petrus se woorde te gebruik, jy is nie nugter nie. Petrus sê: "waak en wees nugter, wees wakker, wees bewus …"
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarheid in liefde bou op, Waarheid in liefde genees, Om die waarheid lief te hê — Wanneer ons die moed vind om ons geheime te bely, is daar niks wat ons terughou in ons lewe en in ons liefde nie.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/