Lewe In Die WaarheidVoorbeeld
Dag 4
“Dít is die beslissende vonnis: die lig het na die mensewêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was boos. Elkeen wat doen wat sleg is, haat die lig en kom nie na die lig toe nie sodat sy dade nie bekend word nie. Elkeen wat egter die waarheid beoefen, kom na die lig toe sodat dit sigbaar word dat sy dade vanuit ’n noue verhouding met God gedoen is.”
Johannes 3:19-21 (NLV)
Ek het grootgeword saam met 'n ouma wat hardop met haarself gepraat het. Wat 'n ervaring! Jy leer iemand baie goed ken as jy weet wat in hul binneste aan die gang is. Sy was nou regtig 'n Israeliet sonder bedrog. Sy het soveel respek vir mense gehad; so goed van almal gedink wat haar pad gekruis het. Een van die groot voordele was om so teen Oktober — November al te weet wat jy vir Kersfees gaan kry.
Ons praat ook met onsself. Nie net hardop nie, maar ook innerlik. Jou denke is waar jy 'n self-gesprek voer. Is jy bewus daarvan? Is jy bewus van wat jy vir jouself sê? Hoe jy dit sê? Kyk Paulus sê as ons aan goed dink, dan moet ons dink aan wat waar is en daar moet ‘n deug in ons denke wees. Met ander woorde, ek moet ten minste 'n waarnemer vestig wat kan kyk wat ek dink en daar moet 'n beoordeling inkom. Is dit waar wat ek dink en is dit lonend, is daar ‘n deug daarin?
Met watter denkpatrone word jy vandag gekonfronteer?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Waarheid in liefde bou op, Waarheid in liefde genees, Om die waarheid lief te hê — Wanneer ons die moed vind om ons geheime te bely, is daar niks wat ons terughou in ons lewe en in ons liefde nie.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/