VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld
![FREEDOM From Porn For Men](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3761%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vryheid deur verantwoordbaarheid
Jy mag dalk sê dat jy hierdie dinge almal reeds gedoen het, maar nog steeds nie slaag nie. Daar word baie gepraat, maar daar is een ding wat in hulle pogings skort. Hulle probeer om dit alleen reg te kry.
Wanneer pornografie in beheer is, lewe ons in kettings. Ons is slawe van ons begeertes en geheime. Die laaste ding wat ons wil hê, is om ander van ons sonde te vertel. As jy dink dat jy dit alleen kan regkry, dan bluf jy jouself waarskynlik net en is jy nie ernstig daaroor om te verander nie.
Die Bybel vertel ons, net soos wat yster yster slyp, so slyp 'n mens die karakter van sy vriend. Die idee is ook dat 'n groter invloed deur 'n groep as deur 'n enkeling uitgeoefen kan word. Die konsep van "Geen Man Word Agtergelaat Nie" was in die ou dae tydens militêre gevegte al in gebruik. Dit gaan oor die beskerming en respek van die broederskap. Ons moet onsself omring deur broers in Christus wat saam met ons deur die geveg sal gaan en aanhou om ons te slyp.
Soek 'n betroubare vriend wat nie ook teen pornografie stry nie. Erken jou stryd en soek sy bemoediging en verantwoordbaarheid. Om verantwoordbaar teenoor iemand te wees, beteken ons gee hulle toestemming om moeilike vrae te vra en ons verantwoordbaar te hou vir ons woorde, aksies en besluite. Ons laat hulle toe om ons motiewe en optrede te bevraagteken. Saam met verantwoordbaarheid, kom krag en ondersteuning. Indien nodig, voeg sommer ook tegnologiese verantwoordbaarheid by, wat pornografie op jou selfoon en rekenaar kan blokkeer.
Onse Vader, wys asseblief vir my iemand wat genoeg omgee om my verantwoordbaar te hou. Voorsien 'n broederskap van ondersteuning wat my in hierdie geveg sal bystaan. Laat my toe om verantwoordbaar te wees teenoor hulle en ook gewillig om kwesbaar te wees, sodat hulle my kan versterk. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
![FREEDOM From Porn For Men](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3761%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veranderinge in jou liggaam wat verslawend en skadelik word. Dit kan lei tot ander sonde, maar die ergste van alles is, dit laat ons van God se liefde af wegbeweeg. God wil jou help om bevryding te vind van die patroon van wellus, skuldgevoelens en gebreekte beloftes.
More