VRYMAKING Van Pornografie Vir MansVoorbeeld

FREEDOM From Porn For Men

DAG 4 VAN 6

Vryheid om sterk te staan teen versoeking

Jy weet wat dit is om voor versoeking te swig. Dit neem nie lank om die besluit te berou en dan desperaat na 'n manier te soek om die geveg te wen nie. Die werklikheid is dat die geveg reeds lank voor jou versoeking begin. Voor die oomblik van versoeking, moet ons reeds besluit om sonde te weier. Ons het almal iets in ons lewens wat tot versoekings aanleiding gee en ons moedig jou aan om eerlik te wees oor wat dit is. 

As dit 'n persoon is wat jou in die versoeking lei, moet dan nie alleentyd saam met hom of haar deurbring nie. As dit seksuele tonele in 'n rolprent of TV-program is, moet dan nie daarna kyk nie. As dit jou rekenaar of selfoon is, laai dan 'n verantwoordbaarheid toep daarop wat jou verhoed om dit te besoek. Wanneer ons versoeking in die gesig staar, moet ons onsself herinner dat ons ou self saam met Jesus gekruisig is, sodat ons nie meer deur sonde regeer word nie, maar daarvan vrygemaak is. 

Wees bewus van al hierdie dinge en praat met God daaroor om jou te help om dit uit jou lewe te verwyder. Besef egter vroegtydig, ten spyte van daardie pogings, sal versoeking steeds 'n manier kry om voor jou te kom staan. Weet egter dat dit nie sonde is om versoeking teë te kom nie. Wat werklik saak maak, is wát jy met daardie versoeking doen. Soms beteken om 'n man te wees, dat jy sal weghardloop van daardie dinge wat ons in sonde wil insleep. Wees voorbereid op die volgende keer wanneer jy in die versoeking kom en doen alles moontlik om van die situasie weg te hardloop en sodoende die vryheid wat God bied te ervaar. 

Onse Vader, ek ken die dinge wat my begeerte na pornografie beïnvloed. Help my om eerlik te wees oor wat dit is en om dit uit my lewe te verwyder. Wanneer hulle my denke binnekom en aan my hart kom klop, vra ek dat U my die krag en moed sal gee om na U toe te hardloop. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

FREEDOM From Porn For Men

Pornografie is 'n gevegsterrein met baie slagoffers wat gebroke lewens en verhoudings insluit. Dit sny ons van die werklikheid af en beïnvloed ons verwagtinge oor seks en liefde op 'n negatiewe manier. Dit aktiveer veranderinge in jou liggaam wat verslawend en skadelik word. Dit kan lei tot ander sonde, maar die ergste van alles is, dit laat ons van God se liefde af wegbeweeg. God wil jou help om bevryding te vind van die patroon van wellus, skuldgevoelens en gebreekte beloftes.

More

Baie dankie aan Need Him Global Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting oor die bediening of om aanlyn met 'n vrywilliger oor Jesus te gesels, besoek asseblief: www.needhim.org