Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Week 2 Gemaak vir Gemeenskap met Familie en Vriende
Nie Gemaak om Alleen te Wees nie
Lees: Genesis 2:18–24
SOAP: Genesis 2:18
Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
Oordenking
Van die begin af het God ons ontwerp om in gemeenskap te lewe. Soos ons verlede week gelees het, het God ons ontwerp om in gemeenskap met Hom te wees, maar Hy het ook geweet dat ons verhoudings met mekaar sal moet bou. Soos God al die diere na die man gebring het om aan elkeen ‘n naam te gee, het nie een van hulle 'n geskikte maat vir hom geblyk te wees nie. Niemand het hom aangevul soos God dit bedoel het nie; niemand kon gemeenskap of kameraadskap verskaf nie. God het dus ’n vrou geskep en die man het haar dadelik as sy familie herken—sy “ezer”, of “onmisbare metgesel”.
Saam het hulle met God in die tuin gewandel. Hulle was verenig, 'n onmisbare verhouding wat presies was wat God deur die huwelik vir man en vrou bedoel het. Saam was hulle 'n gesin. Die verwysing na die vrou wat van die man se ‘vlees en bloed’ is, beteken daar is 'n gebonde verhouding. Hulle was 'n familie, 'n sub-gemeenskap wat God ontwerp het sodat hulle nie alleen sou wees nie.
God het nie net die eensaamheid aangespreek wat Hy geweet het Adam sonder Eva sou ervaar nie. Sonder die vrou was die man nie in staat om die doel wat God vir hom gehad het, om vrugbaar te wees en te vermeerder, te vervul nie. Met 'n man alleen sou God nie sy plan vir die mensdom kon voltooi nie. Daar is 'n rede waarom God jou gemaak het en Hy het 'n plan vir jou. Hy wil nie hê jy moet alleen wees nie, maar dat jy saam met ander werk om sy Koninkryk te bou. Saam kan ons soveel meer doen as wat ons ooit op ons eie sou kon doen.
Jy is geskape vir 'n gemeenskap, ongeag jou huwelikstatus. Dit is deel van God se plan en wanneer ons nie 'n Bybelse gemeenskap in ons lewens het nie, het ons dalk nie deel aan 'n paar spesiale seëninge nie. As jy moedeloos voel in hierdie area van jou lewe, weet dat baie ander dieselfde gevoel het. Ons smag almal daarna om geken en geliefd te wees, want God het ons so gemaak. Kyk na God om jou met sy liefde te vul en vra Hom om spesiale mense in jou lewe te voorsien met wie jy hierdie liefde kan deel. Hy wil graag hierdie soort gebed beantwoord.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans