Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld
"Oorleef en Floreer: Dag 7"
Aan die einde van hierdie reeks wil ek jou aanmoedig om een van die moeilikste dinge ooit in jou lewe te doen. Asseblief, ek smeek jou om hierdie een ding te doen ...
DOEN DIE REGTE DING!!!!
Die ander party is nou God se verantwoordelikheid. Verander enige slegte gevoelens wat jy teenoor hulle het eerder in gebed vir hulle tot God. Bid dat hulle verstand kry, of gered word, of wat jy ook al voel om te bid. Gee hulle vir God.
Jou kinders (as jy het) sal altyd julle altwee as ma en pa hê. Niks sal dit verander nie. Julle sal net nie meer saam wees nie, maar hulle gaan julle altwee as ma en pa nodig hê vir die res van hulle lewens. Dit mag moeilik wees en nooit beter word nie, maar as jy dit besef, sal dit almal help wat betrokke is.
Doen alles in jou vermoë om God se beskerming, wysheid en leefwyse in hulle te behou. Bid vir hulle as hulle nie by jou is nie. God kan hulle baie beter beskerm as jy.
Wees die ouer wat hulle deur God se wysheid liefhet en beskerm. Dit is nie vir jou nodig om gemeen te wees om sterk te kan wees nie. Weet net dat jou kinders sien wat gebeur. Hulle is slimmer as wat jy dink. Hulle weet wat reg en verkeerd is en hulle weet as jy jou bes doen om in alles met respek op te tree.
Die eerlike en regte keuse is om alles aan God oor te gee en om Hom toe te laat om jou te lei in elke gedagte, woord en daad. Bid dat jy die liefde van Christus kan wys in alle situasies. Wees die volwasse persoon in die situasie.
Deur die regte ding te doen, sal almal rondom jou kan sien dat Christus in jou leef en werk. Dit is 'n getuienis van sy goedheid. Hy het vir jou gesterf. Kan jy die regte ding doen in die beste belang van almal wat betrokke is?
Bid vandag dat jy die krag en moed sal hê om die ander persoon so te behandel soos wat God wil hê.

Aangaande hierdie leesplan
Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en planne van aksie. Leer om nie net te oorleef nie, maar om te oorleef en te floreer.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog