Van Egskeiding na Genesing: Oorleef en FloreerVoorbeeld
"Oorleef en Floreer: Dag 6"
Ek het daarvan gehou om kaart te speel toe ek jonk was. Ek kan onthou hoe ek saam met my pa gespeel en hom gewen het, nie lank nadat hy my die spel geleer het nie. Ek dink dit is toe dat hy besluit het om my 'n nuwe spel te leer. Hy wou nie meer hê dat ek hom wen nie.
Voel dit asof daar aan jou 'n slegte hand kaarte uitgedeel is? Dit lyk soms asof jy net "jokers" gekry het en hulle is nie eens willekeurig nie. Wanneer jy dink dat jy 'n goeie hand gekry het, loop iets verkeerd. Jy speel jou kaarte, maar verloor nogtans.
Die waarheid is dat daar aan jou kaarte uitgedeel is, maar dit is jou taak om dit na die beste van jou vermoë te speel. 'n Professionele pokerspeler kan aaklige hande speel, maar nogtans miljoene maak. Dit kom alles neer op hoe jy die kaarte speel wat jy nou vashou.
In poker speel jy totdat jou geld of jou skyfies op is. Afhangende van hoe jy jou pakkie kaarte hanteer, kan jy soveel keer speel dat jy telling verloor. Maar wat gebeur wanneer jou skyfies opraak?
Dit is maklik om die "slegte hande" wat ons kry in pokerterme te beskryf. Nogtans wil God hê jy moet weet dat jy baie hande kry, baie kanse om te leer, baie geleenthede om wysheid te verkry, deur die goeie én die slegte tye. Dit is ons taak om daaruit te leer en nie jou skyfies te verloor nie.
Ek sien dat die skyfies die lug voorstel wat ons inasem. Ons mag so na aan 0 kom, dat jy bang raak en jy speel anders wanneer jy baie asem (lewe) oor het. Soms gaan jy voluit tot by jou laaste asem.
Raai wat gebeur as jou skyfies opraak? God sal vir jou sy asem (skyfies) gee as jy Hom vra. Hy sal jou in die spel hou met 'n ander hand, 'n ander kans om die boerpot die wen.
Moenie dink die enigste hand wat jy in die lewe kry is die een wat jy vashou nie. Speel dit so goed as wat jy kan en wees gereed vir die volgende hand.

Aangaande hierdie leesplan
Tydens egskeiding, asook ander baie moeilike tye, kom daar 'n oomblik wanneer jy sal wonder of jy dit ooit sal maak. In die volgende 7 dae, sal dit vir jou moontlik wees om met God kontak te maak deur gebed, advies en planne van aksie. Leer om nie net te oorleef nie, maar om te oorleef en te floreer.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://divorcetohealing.blog