Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld
Die Christen "Uniform"
Ons sien dat mense in verskillende beroepe, spesifieke klere dra. Werktuigkundiges, kokke, kelners, verpleegkundiges, polisiemanne en brandweermanne, dra almal spesiale klere. Eintlik bestaan daar groot instansies wat sulke uniforms verskaf en skoonmaak. Bestaan daar so iets soos 'n "Christen uniform"? Wel, nie klere op sigself nie, maar definitief in die manier waarop ons na mekaar omsien! Hierdie Skrifgedeelte moedig ons aan om ons te "klee" wat 'n spesifieke, doelgerigte aksie aandui. Ons moet dieselfde kleredrag aantrek en op spesifieke wyses optree. Ons moet ons klee met genade, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. Hoekom? Want onder daardie "uniforms" is individue wat foute maak. Daardie foute kom in alle vorms voor. Dus, God rus ons toe met verskeie eienskappe wat 'n Christen uitsonder, en dan gee Hy vir ons 'n belangrike manier om al die foute te hanteer — deur vergifnis.
Vergifnis is 'n daaglikse gedragskode van volwasse gelowiges. God het ons uitverkies om heilig te lewe. Om heilig te wees beteken om "afgesonder te wees" of "toegewyd" te wees vir 'n spesifieke doel — om soos Christus te wees. In hierdie Skrifgedeelte word ons afgesonder om die liefde van God teenoor mekaar te betoon. God weet egter dat ons almal foute het. God is oppermagtig en Hy verwag dat ons mekaar se tekortkominge aanvaar! God se plan is om gelowiges te heilig (toe te wy) deur hulle interaksie met mekaar. Wanneer ons vergewe, word ons gelykvormig aan die beeld van God se seun, Jesus Christus. Ons foute en die foute van ander mense, word geleenthede om die deug van vergifnis uit te leef.
Is jy bereid om jou foute te erken? (Jakobus 5:16). Is jy bereid om die "uniform" van genade, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld aan te trek? Is jy bereid om soos Christus te wees en mense te vergewe wat jou aanstoot gegee het?
Vergifnis behoort die gemeenskap van gelowiges se kenmerk te wees. Ons trek persoonlik voordeel as ons met 'n gesindheid van vergifnis leef. Daar is nog 'n groter voordeel aan verbonde as ons mekaar vergewe: God word verheerlik, en Christus word verhoog en bekend gemaak aan die wêreld wat ons dophou. Ons lyk dan soos Christus!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.
More