Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te VergeweVoorbeeld
'n Leefstyl van Vergifnis
Toe Jesus sy dissipels geleer het hoe om te bid, het Hy hulle 'n belangrike insig gegee hoe om saam in 'n gebroke wêreld te leef. Hy het hulle gewys hoe die Vader in die hemel hulle verhoudings met mekaar sien, en hoe om in sy genade te leef.
Ons Vader gee nie net vir ons ons daaglikse brood nie, maar gee ook ons daaglikse dissipline. In hierdie gedeelte verwys die vergifnis van sonde na die daaglikse opeenhoping van verkeerde optredes, seerkry en wandade, wat in 'n gebroke wêreld, 'n deel vorm van ons geloofslewe. Ons Vader wil ons ook in hierdie area van ons lewe dissiplineer. As ons ons harte teenoor ander verhard en onvergewensgesind is (omdat hulle ons so dikwels seergemaak het), is dit die Vader se reg om ons te tugtig totdat ons leer om te vergewe. Hy konfronteer ons trots op 'n mooi manier en herinner ons aan ons foute.
Om met vergifnis te leef, beteken dat ons nie versuim om ons sonde teenoor ander te erken nie en hulle ook so gou as moontlik om verskoning vra. Dit beteken egter ook dat ons ander gou moet vergewe as hulle verkeerd teenoor ons opgetree het. Hierdie tipe vergifnis is moontlik as ons nadink oor dit waarvoor ons Vader ons al in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). Die beledigings en oortredings van ander is klein in vergelyking met wat Christus as gevolg van ons sonde moes deurmaak.
Wanneer ons met 'n leefstyl van vergifnis lewe, help dit ons om geringe oortredings oor te sien en verhoudings te bou wat gesonde konfrontasie kan hanteer. So 'n leefstyl kan ons ook help om 'n wêreld vol onreg uit die oog van die Vader te sien — 'n wêreld wat 'n Verlosser nodig het. Dan kan ons deel wees van sy groter plan om die wêreld te verlos deur die voorbeeld wat ons stel wanneer ons die ware evangelie uitleef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.
More