Bemoediging vir elke-dag-leweVoorbeeld

Hoop vs. Geloof
Teks: Lukas 7:50: “Maar Jesus sê vir die vrou: 'Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede'."
Dikwels hoop ek só baie vir meer geloof, maar dan raak ek deurmekaar met die twee woorde. Watter een is sterker: hoop of geloof? Die Bybel leer ons in Hebreërs 11:1: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie."
Ek het die woordeboek nader getrek: “Geloof” beteken: glo, vertrou en staatmaak.
“Hoop” beteken om te begeer vir iets goed, ‘n optimisme. My gevolgtrekking was dus min of meer korrek.
Na vele bepeinsing het ek dit ook só vir myself uitgeklaar:
Hoop is: om menslik gesproke regtig “duime” vas te hou vir iets spesifiek, maar ons gebruik dit soms veels te maklik vir eie gewin. Geloof is ‘n ook ander begrip: om te smag om ‘n tree verder as hoop te neem. Dit kan abstrak klink, maar dit is die ekstra myl van alle myle om hoop en geloof saam te beoefen.
Albei begrippe het beslis ‘n stewige vastrapplek in die Woord, daarvoor is talle verwysings, elkeen met ‘n ander toepassing. Wat wel uitstaan is dat albei begrippe positief is.
Gebed: Here, U het gesê: “jou geloof het jou gered”. Sien my oop hart raak waar hoop en geloof lê in afwagting op u vrede.
Geloof en hoop is ‘n tweeling – hou albei se hande vas!
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in beter perspektief geplaas word. As gelowiges het ons juis die opdrag ontvang om mekaar te bemoedig. God wíl in elke faset van jou lewe betrokke wees!
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine
