Bemoediging vir elke-dag-leweVoorbeeld

Moenie geklits voel nie
Teks: Johannes 6:35: “Maar Jesus sê vir hulle: 'Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie'."
Ek het iemand eenmaal hoor sê: “ek voel vandag soos roereiers, totaal deurmekaar”. Maar tog, as jy die eiers in ‘n houer klits en daarna in die pan gooi, kan jy ‘n heerlike omelet maak! Ons waarnemingsvermoë gooi ons telkens omver en dis ook menslik wanneer ons “geklits” voel.
Jesus nooi ons om sý brood van die lewe te eet en sý water te drink. Heelwat anders as geklitste roereiers!
Ons menslike liggame het kos nodig, maar ons gees en denke het Goddelike bestanddele nodig. Daarsonder sal die lewe nooit “versadig” voel nie. Dit is ‘n diepe gewaarwording om volheid te beleef.
Gebed: Here, maak ons harte en gees ontvanklik vir u voeding wat altyd versadig en daagliks beskikbaar is. Net U kan ons voeding gee wat nooit opraak nie.
Die Woord van God is inderdaad voeding. Elke keer as jy dit lees, word jou denke gevul met gesonde vitamiene wat ook in jou lewe sal weerspieël.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan wil jou deur die dag-tot-dag lewe bemoedig. Verskeie uitdagings word daagliks ervaar en soms voel dit of ‘n gebed nie genoeg is nie. Deur ervarings te deel en rustig die Woord te lees, kan baie dinge in beter perspektief geplaas word. As gelowiges het ons juis die opdrag ontvang om mekaar te bemoedig. God wíl in elke faset van jou lewe betrokke wees!
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine
